Boumark is 'n hardeware/DIY winkel wat fokus op huisverbeteringe en die boubedryf. Klik op die pyltjie hieronder vir meer inligting oor Boumark.


yellow-circle

Ons besigheid


Boumark is al langer as 20 jaar bedrywig in die Matzikama-streek en is veral bekend vir die hoë gehalte persoonlike diens wat gelewer word. Boumark is ook bekend vir hul dakkappe wat plaaslik vervaardig word.

Lees meer ...

Ons produkte


Boumark verskaf 'n reeks produkte wat hoofsaaklik gemik is op die boubedryf. Nie net fokus ons op die lewering van die hoë gehalte produkte nie, maar ook op die lewering van die gehalte voor-, tydens- en naverkoopdiens.

Lees meer ...

Ons bou saam met jou

Boumark is dié hardeware/DIY winkel as dit kom by die boubedryf, en ons verskaf produkte soos bougereedskap, handgereedskap, verf, kraggereedskap, loodgietergereedskap en -materiaal, beligting, braai- en buitelugprodukte.



 

Hoë gehalte produkte, goeie diens en goeie pryse

Moeg vir hardewarewinkels met hoë pryse en swak dienslewering?

By Boumark fokus ons op die kliënt en die lewering van gehalte produkte en naverkoopdiens. Dit is vir ons uiters belangrik om elke kliënt by te staan in hul strewe na suksesvolle bouprojekte.

Al ons produkte is van die hoogste gehalte en is gemaak vir mense met 'n passie vir bouwerk en selfdoenprojekte. Al ons personeel is ook goed opgelei om net die beste diens te lewer.